user

Hoërskool Centurion

Primary and Secondary Education

View the employees at

Hoërskool Centurion

Overview

Hartlik welkom by die mees gevestigde en tradisieryke hoërskool in Centurion. Aan u as ouer Mag die jare wat u aan hierdie skool verbonde gaan wees, verrykend en vol vreugde wees. Saam gaan ons arbei en skaaf aan die kosbaarste kleinood in God se skeppingsplan – u kind. Hierdie skool stel hom ten doel om saam met u ‘n volwaardige jongmens die lewe in te stuur. Aan u as leerder Hoërskool Centurion is jou skool, want jy is die skool! Gryp al die geleenthede met albei hande aan. Slegs op die wyse kan jy jouself ontdek en ontwikkel. Terselfdertyd bou jy aan ‘n puik skool. VISIE en MISSIE ’n Skool vir geleenthede, wat in ‘n vennootskapsverhouding met die ouers en gemeenskapsgedrewe instellings, ‘n onmisbare bydrae lewer in die opvoeding en ontwikkeling van leerders om sinvol (op ‘n gemotiveerde en gebalanseerde wyse) aan samelewingsaktiwiteite te kan deelneem. Die doeltreffende en effektiewe verryking, uitbouing en ontwikkeling van individue en groepe deur middel van ‘n geïntegreerde ontwikkelingsproses wat deurlopend op die volgende steun: - Gesonde bestuursbeginsels - Akademiese vakonderrig - Sport- en kultuurverwante onderrig - Vaardigheidsonderrig en algemene oriëntering - Beskikbaarheid van fasiliteite en sosiale geleenthede

  • Lyttelton Manor

    Lyttelton Manor, Tshwane Ward 57, Centurion, City of Tshwane Metropolitan Municipality, Gauteng, 0572, South Africa

    Get Direction